Ons Visie
Sweef Kommunikasie- en Dramastudio se visie is om 'n brein-vriendelike platvorm te skep vir kinders waar hulle hulself as bekwaam ervaar, beide as kommunikeerders en as vertolkers.
Sweef Kommunikasie- en Dramastudio is gegrond op die volgende beginsels:
- Om alle kinders as mense met groot potensiaal te behandel en nooit talent voor op te stel nie. Dit gaan vir ons eerder oor die ontwikkelling van vaardighede van elke individuele, unieke kind.
- Sweef Kommunikasie- en Dramastudio volg heelbrein beginsels in die ontwikkelling van kinders: Die kind word nie net 'n “kunswedstryd-akteur” nie, maar daar word vaardighede soos emosionele intelligensie, stem- en liggaamsintegrasie, estetiese waardering en insig, taalvaardighede en spraakvaardighede, asook kreatiewe denke ontwikkel.
- Sweef Kommunikasie- en Dramastudio wil elke kind se unieke behoeftes akkommodeer en 'n ouervriendelike studio wees. Ons verstaan dat ouers in ons huidige bestel 'n buigsame, akkommoderende opset waardeer.
Sweef Kommunikasie- en Dramastudio se personeel sien hul taak nie as 'n beroep nie, maar as 'n roeping.
Kontak ons
Adres
Rietboklaan 58, Monumentpark, Pretoria
082-565-5082
Posbus 14, Groenkloof, 0027